Nuut & Uniek

Ons publiseer dit wat skrywers na aan die hart lê

books-feature-BYBELSTUDIE-BOEKE boeke-feature-GEESTELIKE-BOEKE-AFR boeke-feature-small-ander-afr boeke-feature-KINDER-BOEKE-AFRboeke-feature-small-akademia-afr

Ons gee die Bybelskrywers 'n kans

Geskryf deur Kobus Myburgh. Posted in Blog

Ons het al almal te doen gekry met mense wat jou in die rede val. Nes jy jou storie wil vertel op jou manier, maak hulle jou sinne klaar, of nog erger, vertel hulle vir jou wat jy eintlik bedoel. Jy dink dan by jouself "wat van so 'n bietjie respek"

Ek dink dat baie mense net so met die Bybel maak. Voor hulle mooi luister wat Paulus wou vertel, val hulle hom in die rede met hulle eie interpretasies. So word baie vroom goed baie disrespekvol kwytgeraak.

Dis natuurlik baie moeilik om mense reg te hoor, jy moet met aandag luister en baie tyd met hulle spandeer. Dit is net so met die bybelskrywers. Jy moet iets van hulle omgewing verstaan, hoe het hulle na ander mense gekyk? wat was hulle probleme? hoe het hulle saam met God hierdie plek waar hulle is verstaan en hanteer?

Met die Biblaridion reeks, wat gegroei het uit intensiewe navorsing, wat in die gemeente bepraat en bedink is deur lidmate, probeer ons om met respek na die Bybel te luister. Dit is harde lekker werk. Ek wil jou nooi om die vrug van hierdie werk saam met ons te geniet.

As jy ons Bybelreeks lees en vrae het kan jy maar hier vra. As jy in jou lees van die Bybel op iets afkom waaroor jy wonder kan jy ook hier vra. Die antwoorde sal nooit die laaste woord oor die gedeelte wees nie, maar dit sal altyd beantwoord word met respek -vir jou en die bybelskrywers.

Dr. Kobus Myburgh