Nuut & Uniek

Ons publiseer dit wat skrywers na aan die hart lê

books-feature-BYBELSTUDIE-BOEKE boeke-feature-GEESTELIKE-BOEKE-AFR boeke-feature-small-ander-afr boeke-feature-KINDER-BOEKE-AFRboeke-feature-small-akademia-afr
Openbaring

Openbaring

5.0/5 rating (2 votes)

Hierdie interpretasie sluit by die eerste eeuse wêreld aan waarin astrologie en mitologie ‘n baie groot rol in die lewens van mense gespeel het.
Johannes ken ook die figure wat die mense in die hemel gesien het.
Johannes weet dat dié figure vir die mense van sy tyd baie belangrik was,dat die mense geglo het die figure lewe én beïnvloed hulle lewens.
Johannes sluit hierby aan, maar soos wat hy aangaan,verander hy dit in boodskap oor God.
Johannes weet God lewe.  Net Hy het ‘n invloed op mense se lewens.

GOEIE NUUS poog om na aanleiding van die teks soos wat Johannes dit lank gelede aangeteken het en die jongste navorsing oor die wêreld waarin Johannes geleef het uit ‘n ongewone en ‘n verrassende hoek ‘n venster op God oop te maak, die angel uit ons angs te haal en ons bang in bly te verander.  Soos die môrester op die oosterkim is Jesus ‘n helder lig.
Hy kondig dag oor ons nag aan.

Hier volg 'n voorsmakie van die eerste hoofstuk ...

  • Prys: Om te bestel kontak Bybel Media: info@bmedia.co.za
  • Skrywer: Annene Mullins & Kobus Myburgh
  • Publiseerder: Biblaridion BK
  • Taal: Afrikaans
  • ISBN: 978-0-620-42951-1
  • Bladsye: 276 bls