Passievol & bekwaam

Iets oor die medewerkers

books-feature-BYBELSTUDIE-BOEKE boeke-feature-GEESTELIKE-BOEKE-AFR boeke-feature-small-ander-afr boeke-feature-KINDER-BOEKE-AFRboeke-feature-small-akademia-afr

Oor Ons

Annene Mullins

Annene het Duits en Afrikaans gegee. Sy is skrywer van die Bybelstudieboeke oor Bybelboeke na aanleiding van NG Gemeente Wierdapark se Bybelstudie-geleenthede. Sy koördineer die insette van al die verskillende spanlede.

 

Dr. Kobus Myburgh

Kobus is 'n teoloog en leraar van die NG Gemeente Wierdapark. Hy beskik oor 'n besondere gawe om ingewikkelde teologiese begrippe op 'n maklik verstaanbare manier vars en nuut oor te dra. Hy is mede outeur van die Bybelstudie materiaal en bemarker van die boeke.

 

Jakkie Swart

Jakkie is 'n grafiese ontwerper en verantwoordelik vir die ontwerp en uitleg van die buiteblaaie van die boeke. Hy ontwerp ook die bemarkings materiaal om die boeke bekend te stel. Die ontwikkeliking van die Biblaridion webbladsy is te danke aan hom. Hy teken dikwels die kunswerke wat sigbaar is op van die buiteblaaie indien dit benodig word.

 

Ina van Coller

Ina was 'n Engelse en Afrikaanse onderwyseres. Taal is haar passie en erns. Sy doen die proefleeswerk en finale taalversorging.

 

Gerrit Scheepers

Gerrit is 'n geoktrooieerde rekenmeester. Hy is ook 'n meester van rekenaarprogramme. Hy doen die teksuitleg en finale afronding en voorbereiding vir die drukwerk.

 

Hannalie le Roux

Hannalie was ook in die onderwys. Sy doen taalversorging van assesseringsmateriaal. Sy hou baie van lees en die buitelewe. Sy doen ook proefleeswerk en die finale taalversorging.

 

Charésa van der Westhuizen

Charésa is 'n vrou met vele talente. Sy is verantwoordelik vir die instandhouding van die webblad en adminsitrasie.

 

Esther Strampe

Esther is ‘n sakevrou met ‘n IT agtergrond. Sy hou baie van lees en sport. Sy doen ook proefleeswerk en die finale taalversorging.  

 

Anton Heÿdenrÿch  

Anton is 'n oud-ingenieur en tans bestuurskonsultant en webontwerper. Sy belangstelling in fotografie het reeds op laerskool begin. Hy kombineer sy fotografie met ander bedrywighede soos reis, die natuur en familiegeleenthede.

 

Keran Ducasse

Keran se passie is fotografie.  Besoek gerus haar blog: http://oflexicons.wordpress.com

 

Nicol Mullins

Nicol is ‘n Vergoedingskonsultant wat sy vermoë aanwend in Biblaridion.  Hy het ‘n Bcom Regte graad asook Honeurs in Finansiële Bestuur.  Hy is verantwoordelik vir die algemene finansiële funksie van Biblaridion.

 

span-nicola

Nicola Nieubuhr

Nicola Niebuhr het ‘n graad in Visuele Kuns en 15 jaar ondervinding as Grafiese Ontwerper en Uitlegkunstenaar. Behalwe vir haar liefde vir ontwerp, geniet sy dit ook om tyd saam met haar familie te spandeer, om in die tuin te werk en inheemse plante te kweek asook om te hekel en te ontspan met ‘n goeie boek.

 

Antoinette Cloete-Nel

Antoinette is betrokke by Biblaridion as 'n illustreerder.  Sy is bevoorreg om volkskatte te help opdateer en ook om nuwe idees van die grond af te kry.  Saam met die outeurs breek hulle saam nuwe grond om vreugde aan baie jong lesers landwyd te bied.  Met haar talent as kunstenaar en haar toewyding word haar vernuf deur diverse mediums getoon.