Nuut & Uniek

Ons publiseer dit wat skrywers na aan die hart lê

books-feature-BYBELSTUDIE-BOEKE boeke-feature-GEESTELIKE-BOEKE-AFR boeke-feature-small-ander-afr boeke-feature-KINDER-BOEKE-AFRboeke-feature-small-akademia-afr
Poorte

Poorte

0.0/5 rating (0 votes)

Pas ontslaan uit die sentrum vir drankverslaafdes, bevind Simon hom op ’n pad tussen niks en nêrens. Simon se pad kruis eerste met dié van Whiskey Willemse, beste toergids in die Klein-Karoo, wat veel eerder vir dokter Nieke Alberts wil rondgids. Sy soek na die skaars protea aristata wat net in die Seweweekspoort voorkom. Niemand weet sy soek eerder ontvlugting in die kranse en poorte om ’n egskeiding en gevoelens vir dokter Johan Ras te gaan ontleed en navors as soseer haar stokperdjie oor fynbosspesies nie … Simon weet weer dat sy volgende val naby is – soos altyd. Hy stem in om sy toergids met die dokter te deel. Is rehabilitasie moontlik wanneer daar soveel pyn lê tussen wil en kan en mag? As iemand ’n wonderwerk nodig het, is dit Simon. ’n Verhaal van opstaan en val. Van liefde wen en liefde verloor, maar bowenal van hoop!

  • Prys: Vir bestellings kontak Lelanie Kruger: lelaniek@gmail.com
  • Skrywer: Lelanie Kruger
  • Publiseerder: Biblaridion BK
  • Taal: Afrikaans
  • ISBN: 978-0596006815
  • Bladsye: 150 bls